gia vang hom nay , dich vu seo , suc khoe gia dinh viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , sieuthismartphone.vn , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,

Riette van der Watt

Drama drome!

Posted by on Nov 1, 2012

Drama drome!

 

“Mamma, ek wil op TV wees eendag as ek groot is.”
“Wat gaan jy daar doen?”
“Ek gaan soos “Wilmien” wees op 7de Laan mamma, of soos boeboe in Vetkoekpaleis”

Ek dink my ma het net daar besef dat sy 8 jaar terug met die verkeerder baba huis toe gestuur is. Sy hou niks daarvan om voor mense te praat en ek twyfel sterkt dat my ma ooooooit in die stort sing. 7de Laan is ‘n bekende sepie vanaf 2000 en vetkoekpaleis ‘n komedie reeks.

Vandat ek kon onthou wou ek op TV en die verhoog wees. Van kleinsaf in kinderkonsete moes ek altyd die hoofrol vertol of sing. Daar het ek ‘n liefde vir die verhoog gekweek. Tyd het vinnig verby gevlieg en Hoërskool het aan gebreek. Nooit het ek drama opleiding/afrigting ontvang nie.

As iemand my vra wat ek gaan studeer was die antwoord EENVOUDIG “DRAMA”!!! Ek het nooit gedink ek gaan in “flieks” speel nie, maar in die teater of miskien in sepies. Dit was net ‘n droom, vir eendag as ek groot is. Vak keuse tyd breek aan en ek besluit om drama as vak te neem. Vir die eerste keer geniet ek skoolwerk. Almal dink drama is ‘n maklike speel vak. Wat meer doen jy nou as om woorde te leer en ‘n gediggie op te sê? Ongelukkig is dit nie so. Jy leer van die geskiedenis, soorte style en hoe lyk die verskillende soorte verhoë en teaters. Soos tyd aan stap wou het ek van beroep ook verander. In graad 9 was die antwoord nooit verder as die teater en verhoog gewees nie en my antwoord was dan dadelik “Klank en beligting ingeneurswese.” Die dag toe my ma dit hoor was daar dadelik NEE gesê. “Mens kan nie dit studeer. Hier is geen plek in Bloemfontein waar mens dit kan studeer. Doen eerder net ‘n kort kursus daarin. Jy gaan eendag swanger wees en ‘n mamma. Hoe gaan jy speakers rond dra en sulke lang ure werk?” Ai, my ma het ook altyd die manier om my perfekte bubble te bars.

Gelukkig soos die Here dit wou hê gesels ek met ons bure se seun wat daardie tyd Klank en beligting ingeneurswese studeer het. Die stories wat hy my vertel van hoe hy- die klank ingeneur moet reel vir “stuff” (dwelms) voor die sangers en bekende bands moet optree. Ek gebruik geen dwelms en is ook nie bereid om vir ander mense te kry nie. Na al die stories is ek sommer heel af van Klank en Beligting Ingeneurswese.

Op skool het ek drama as vak, maar dis hoe ver ek met drama opleiding gaan. In Oranje Meisieskool het ons in graad 10 en 11 ‘n groot voorreg. Ons het ‘n “Shadow week”. In hierdie week gaan werk jy in ‘n rigting wat jy eendag ‘n beroep van wil maak. My eerste keer het ek gaan werk by Radio Rosestad. Ek het ook die kans gekry om klank te doen en ‘n paar onderhoude met die omroepers. Vir my was dit ‘n wonderlike ervaring. Ek het dit baie geniet, maar dit is nie juis wat ek wil doen nie.

Met my volgende shadow week het ek by die Drama Departument van die UFS gaan kuier. Dit was ongelooflik. Hulle was besig om te repiteer aan “Heidi” en ek het geweet dit is waar ek hoort. In my matriek jaar het ek besluit om in te skakel by ‘n drama studio. Daar het ek my eerste groot produksie gedoen. Ek was die “godmother” in Cinderella. Ek het woorde gehad om te leer en moves om te onthou. Vir my was die lekkerste om voor soveel mense te kon optree en my passie uit te leef.

So kom die tyd nader en ek moet begin inskryf by die Universiteit. Wat sal ek gaan studeer? Ag dis maklik! Ek gaan Drama studeer. Wanneer ek dit vir my ma en mense sê, kyk hulle my eers snaaks en begin dan lag.

Wat so snaaks was sou net hulle alleen weet. Ek besluit toe ek skryf in vir Drama by die UFS en Stellenbosch. Stellenbosch was waar ek my hart verloor het. Dit was eintlik nooit ‘n opsie, want my ma sou dit nie toelaat, maar steeds skryf ek in. Tyd vlieg en die einde van die jaar is naby.

My drama juffrou en Ma gesels oor wat ek gaan studeer. Altwee probeer my oorreed om eerder my Lisensiaat in drama te doen en onderwys te studeer. “Riëtte, onthou die berge en see is net die eerste twee weke mooi, daarna verlang jy terug huis toe, na jou ma se gekookte bord kos.” Dit was die woorde van my drama onderwyser.
Een oggend moes ek ‘n keuse maak of ek gaan deelneem aan ‘n sang kompetisie of gaan ek verniet ‘n optrede gaan doen? My keuse was eenvoudig… Ek gaan die liefdadigheidsoptrede doen. Hoekom vra jy seker?
Ek dink dit was die Here se plan gewees. Vroeg in my lewe het ek geleer dat ek in kompitisie is met myself. Ek het die optrede so baie geniet en daar het die Here my gewys dat ek eerder moet onderwys swot.

Vir maande praat ek met die Here en vra Hom of hy ooit by die regte persoon was? Ek? Onderwys studeer? NEE HOOR!!!! Ek is mal oor kinders, maar ek wil drama studeer. Nie onderwys. Ek gaan verander nooit my kursus, want sê nou net ek het verkeerd gehoor. Die jaar stap aan en voor ek my oë uitvee is dit eind eksamen.

Wanneer jy drama as vak neem het jy een groot prakties aan die einde van die jaar. Dis jou eind-eksamen praktise. Jy skryf ook ‘n teorie eksamen. 3 ure lank!!!!
Ek slaag matriek met drie onderskeidings waarvan een Drama was. As dit nie ‘n teken is,weet ek nie. Met die inbly week van die universiteit vra almal wat gaan ek studeer? Eintlik weet ek nog nie. Ek besluit nou maar om van kursus te verander en ONDERWYS TE GAAN STUDEER. Terwyl ek die keuse maak bid ek. Ek bid dat dit die regte keuse is wat ek maak. Ai ek is so onseker.

2011 breek aan en ek studeer onderwys. Dit is ongelooflik LEKKER! Ek geniet die proef baie wat elke kwartaal plaasvind. Van my vriende wat drama studeer vertel net hoeveel fun het hulle want hulle het elke 10 min “smoke break” Ek rook nie so vir my sou dit vinnig verstrerend gewees het.

2012 breek aan en dit is die laaste jaar van my Drama lisensiaat. In die jaar het ek besef wat ek wil doen is “Drama terapie” Jy weet- terapie vir kinders, maar deur drama. Mens kry nie so rigting om te studeer nie, maar wat is ‘n drama juffrou anders as om te luister na leerders se problem en alles wat pla?

Jy sal onthou dat my groot passie en droom is steeds die verhoog en TV. Ek het die groot voorreg gehad om in “The sound of Music” te speel. Wys jou hoe snaaks die lewe werk, daar het ek sommer ‘n hele paar kindertjies geerf tydens die produksie. My finale drama eksamen is Augustus in Linden en The Sound of Music in Bloemfontein einde Sept.

Tydens my Johannesburg trippie het ek ‘n agent ontmoet wat “casting” werk doen vir 7de Laan en Binnelanders. Hy het my ‘n dag in gekry en ek het gespeel op 7de Laan se stel as ek ‘n ekstra…Jy weet daai wat “shop en koffie drink” Wat ‘n groot voorreg was dit nie gewees. Ek het soveel geleer in daardie dag. Dit was ongelooflik. Dit was ook nodig dat ek kon sien dat sepie werk is nie wat ek wil doen. Ek sal nie omgee om ‘n rol, daarin te hê nie, maar ek wil nie my hele lewe lank een karakter vertolk nie. Ek het soveel van die bekendes ontmoet en het verseker nuwe repsek vir hulle. Almal wat wonder…die bekers met koffie…. Is…..LEEG!!!!! Jy maak asof jy koffie drink. Ongelukkig mag jy ook nie die klere wat jy van “Felicity se winkel” koop, huis toe neem. Steeds sal dit ‘n groot liefde vir my bly en is ek dankbaar vir die wonderlike geleentheid. Wat ek beleef het die dag is dat dit ongelooflike harde werk is om ‘n sepie aktrise te wees. Dis lang ure en ek weet nie wat is die “pay cheque” nie, maar is seker dit is nie genoeg om tyd wat verlore is optemaak nie.

Dit was wonderlik om te weet een van my drome het waar geword en ek kon ook op my gunsteling sepie speel. Ek het baie geleer en verseker kon ek vir ander leerders vertel wat “agter die skerms” aan gaan.
Ons het almal laat weet om die twee aande te kyk wat ek op TV is en dit was so amazing om my vriende te sien hul bbm fotos en statuse te maak dat ek op 7de laan was. Ek kan ook nou sê ek was nog nooit in Hollywood, maar wel op 7de Laan!

Wow! Nou kan ek TV ook van my “Bucket lys” aftiek! Nog ‘n droom het waar geword omdat ek geluister het na die Here se pad en besluite van my lewe. Hy ken die pad, hy het dit SELF vir ons uitgelê. Ons moet net luister en vertrou.

Hierdie is Abert de Wet se liedjie “7de Laan”
Oh … Charlize was haar rolmodel en Brad Pitt haar trou man.
Los Angelese was haar voorland, sy sou als gee wat sy kan.
Trane rol teen haar wang af, toe sy voor haar ouerhuis staan.
Sy was nooit in Hollywood, maar wel op 7de Laan.
Na skool is sy Tikkies toe, om drama te studeer.
Sy was altyd eerste in haar klas.
En kry haar graag met lof en eer.
Maar die noodlot hier het sleg gedraai.
Haar gou terug aarde toe gebring
In siel was sy in Brackenfeld maar haar hart het aan Hollywood behoort.
Nuwe woorde:
Oh … Charlize was my rolmodel en Brad Pitt my trou man.
Los Angelese my voorland, ek sou als gee wat ek kan.
Trane rol teen my wang af, soos ek voor my ouerhuis staan.
Ek was nooit in Hollywood, maar wel op 7de Laan.

Xxx

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>