Hi, ek is Riëtte

Ek is ‘n nuwe, opkomende sangeres wat jy gerus kan dophou. Gebore in die hartjie van die Vrystaat, Bloemfontein. In 2010 matrikuleer ek aan die C&N Meisieskool Oranje. Vandat ek kan onthou wou ek op die verhoog wees en sing. Op die ouderdom van 12 het ek begin sanglesse neem by Phillip Kotze Sangskool. Ek het al verskeie produksies gedoen soos Houtkruis – die Musical en Cinderella. Asook die rol van Maria vertolk in The Sound of Music teenoor Dewald Louw as Captain Von Trapp. Ek tree ook gereeld by Feeste op soos Vryfees en KKNK.

Ek wil mense inspireer met my musiek ...

Ek was bevoorreg om in Januarie te kon begin met opnames vir my EP-album Voluit. Die album is verseker vir oud en jonk. Hoekom Voluit? Ek is iemand wat elke dag voluit lewe. Wanneer ek iets aanpak gaan ek voluit daarvoor. Die boodskap wat ek met die album wil oordra is dat mense vandag moet VOLUIT lewe, want more mag dalk te laat wees.

#RiettevdWatt

“Sewe dae” is spesifiek vir elke jong meisie. Ons almal ken daai “aan-en-af’ verhoudings waar jy Maandag bederf word met blomme en Sondag huil jy weer in jou kussing.

Al my musiek kan gevind en gekoop word op iTunes.

VIR SHOWS OF BESPREKINGS BESOEK GERUS MY FACEBOOK BLAD!

FACEBOOK